Die invloed van kort hittestremmings op groei en opbrengs van aartappels

1989 
Plante van die kultivars Up-to-date en BP1 is in 'n glashuis gekweek en op verskillende tye gedurende die groeiperiode vir vyf opeenvolgende dae aan hoe temperature (35/25°C dag/nag) blootgestel. Die kultivars het eenders op die behandelings gereageer. Die hittestremmingsbehandelings het apikale dominansie verminder en die ontwikkeling van syspruite bevorder. Siegs klein verskille in die droemassa van halms, wortels en stolons het voorgekom. Blootstelling aan hoe temperature het gelei tot vermindering in die droemate- riaalinhoud van knolle, wat weerspieel is in die afname in knoldroemassa. Dit beklemtoon die beperking van vars knolmassa as enigste opbrengsparameter in proewe van hierdie aard. Knoldroemassa is met meer as 30% verlaag deur hittestremmings laat in die groeiperiode. Die resultate gee 'n aanduiding van die impak van kort periodes van hoe temperatuur op knolopbrengs en kwaliteit.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    2
    References
    3
    Citations
    NaN
    KQI
    []