n Vergelyking van die invloed van sekere kontekstuele faktore op die simptome van persone met verworwe verbale apraksie en verbale ontwikkelingsapraksie

1990 
Gegewens oor die individuele simptome van persone met verworwe verbale apraksie en verbale ontwikkelingsapraksie is van teoretiese belang vir die studie van verbale apraksie. Deur die vergelyking van individuele simptome kan liggewerp word op simptoombeelde of tipes verbale apraksie en op die aard van die afwyking by verworwe verbale apraksie en verbale ontwikkelingsapraksie. In hierdie ondersoek wat deel uitmaak van die groter ondersoek waarin die effek van variasie in kontekstuele faktore op verbaal apraktiese spraak nagegaan word (Van der Merwe, Uys, Loots en Grimbeek, 1987; 1988; Van der Merwe, Uys, Loots, Grimbeek en Jansen, 1989) is die simptome van vier persone met verworwe verbale apraksie en een persoon met verbale ontwikkelingsapraksie onderling vergelyk. Die ouditief waarneembare foute en afwykings in stemaanvangstyd, vokaalduur en uitingduur van die proefpersone is vergelyk. Die resultate toon onder andere aan dat die frekwensie van voorkoms van sekere simptome aanleiding gee tot individuele simptoombeelde, maar dat al die proefpersone die hoe voorkoms van simptome wat aanduidend is van die aard van die afwyking gemeen het. Die proefpersoon met verbale ontwikkelingsapraksie het al die simptome gemeen met die groep, maar vertoon minder afwykings in temporale vloei en uitingduur en meer klankvervangings. Die teoretiese implikasies van die resultate word bespreek.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    0
    References
    1
    Citations
    NaN
    KQI
    []