Armoede in Suid-Afrika, deur Sampie Terreblanche : kommentaar

2004 
Armoede en armoedeverligting, en daarmee saam werkskepping, is deur die afgelope verkiesing druk bespreek. Daar was 'n opmerklike gemeenskaplikheid tussen die verskillende partye waarop die president positief gereageer het. Dat die probleem hoe gespreksprioriteit geniet, is goed. Dit as sodanig gaan egter nie veel tot die oplossing bydra nie. Veral die ondernemings van politieke partye, insluitende die regeringsparty, gaan, teoreties gesien, min aan die probleem verander. Die hoofpartye het hulle almal op die basis van die liberale demokrasie geplaas - vrye onderneming met minimale staatsinmenging moet uiteindelik die begeerde utopie bring. Wat nodig is, is regering met 'n sosiale verbintenis en gewete wat ons, beleidsgewys gesien, nie tans het nie. Verder is armoede 'n komplekse sosiale probeem, met baie fasette en vlakke. Dit beteken die mag wat hierteen moet stry, kan nie net deur die regering gemonster word nie.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    0
    References
    0
    Citations
    NaN
    KQI
    []