Gips as grond en water ameliorant
1994
Gips korn algemeen voor, beide as 'n mineraal (gemynde gips) sowel as 'n industriele neweproduk (fosforgips of nywerheidsgips) en word vryelik gebruik as 'n grond en water ameliorant. Groot hoeveelhede nywerheidsgips word jaarliks in Suid-Afrika vervaardig in gebiede waar natuurlike gips normaalweg nie voorkom nie. Gips word op gronde uitgestrooi as 'n ameliorant teen die aansameling van natrium, die effekte van grondsuurheid, as 'n middel om waterinfiltrasie in gronde te verbeter en as 'n bron van die plantvoedingstowwe Ca en S. Sommige nywerhede soos byvoorbeeld papiernywerhede, gebruik gips as 'n waterameliorant om 'n meer gunstige natrium adsorpsievermoe (NAV) in uitvloeiselwater te bewerkstellig. Nywerheidsgips bevat egter fluoor (F). Die gebruik van nywerheidsgips as ameliorant mag dus grond se F-konsentrasies tot onaanvaarbare vlakke verhoog terwyl wateroplosbare F oppervlak en ondergrondse waterbronne mag besoedel deur afloop en infiltrasie. Daar word gerapporteer oor 'n voorbeeld waar die gebruik...
Keywords:
- Correction
- Source
- Cite
- Save
- Machine Reading By IdeaReader
5
References
6
Citations
NaN
KQI