Erfreg 4 uitg (ook beskikbaar in Engels onder die titel Law of Succession 4 ed), M.J. de Waal en M.C. Schoeman-Malan : boekresensie
2010
Die eerste uitgawe van De Waal en Schoeman-Malan se werk oor die Suid-Afrikaanse erfreg het in 1992 die lig gesien onder die titel Erfreg: Studentehandboek (met NJ Wiechers as derde outeur). Die werk was in die eerste plek bedoel as handboek vir universiteitstudente in die erfreg en is in 1996 gevolg deur 'n tweede uitgawe onder dieselfde titel. Die derde uitgawe het in 2003 onder 'n nuwe titel, naamlik Inleiding tot die Erfreg, verskyn. Die teikenmark was steeds erfregstudente, maar die derde uitgawe het, wat voorkoms en inhoud betref, 'n meer professionele inslag getoon wat ook by regspraktisyns aanklank gevind het. Die vierde uitgawe, weer eens onder 'n nuwe titel, naamlik Erfreg, bou voort op die standaard deur die derde uitgawe gestel en, alhoewel steeds primer bedoel as 'n werk vir gebruik deur studente, slaag die vierde uitgawe daarin om die boek as 'n basiese algemene werk oor die Suid-Afrikaanse erfreg te vestig.
- Correction
- Source
- Cite
- Save
- Machine Reading By IdeaReader
0
References
0
Citations
NaN
KQI