Die rol van godsdienstige identiteit in die bepaling van die “vervolgingsmodus” vir misdade teen die mensdom
2021
’n Persoon se identiteit bestaan uit veelvuldige “identifiseerders”, insluitende godsdiens. Hierdie godsdiens georienteerde identiteit (“godsdienstige identiteit”) moet geinterpreteer word teen die agtergrond van die reg op vryheid van “gewete, godsdiens, denke en oortuiging”. Oor die algemeen is “godsdienstige identiteit” verwant aan die afgeleide effek van ’n persoon se bepaalde eksistensiele oortuiging wat sy/haar innerlike bewussyn en diep eksistensiele identiteit uitmaak, asook sy/haar begrip van die lewe vorm. As ’n beskermde aspek van menslike identiteit, sal ernstige diskriminerende maatreels op grond van godsdienstige identiteit neerkom op die skending van grondliggende menseregte. Dit kan ook tot gevolg he dat die vervolger individuele strafregtelike aanspreeklikheid kan opdoen vir godsdiensgebaseerde vervolging as ’n misdaad teen die mensdom. Om sodanige vervolgingsmodus te bepaal, word vereis dat die vervolgde se godsdienstige identiteit die primere diskriminerende grondslag is waarop die vervolger sodanige slagoffer teiken. Dus, om ’n situasie as godsdiensgebaseerde vervolging te klassifiseer, vereis ’n begrip van die vervolgde se godsdienstige identiteit en hoe dit verband hou met die vervolger se diskriminerende opset. ’n Bepaling van die rol van godsdienstige identiteit in ’n gegewe situasie is dus noodsaaklik om die vervolgingsmodus te bepaal.
- Correction
- Source
- Cite
- Save
- Machine Reading By IdeaReader
0
References
0
Citations
NaN
KQI