Is Christiaan de Wet se roem geregverdig? Generaal Christiaan de Wet as veldheer, Leopold Scholtz : book review

2004 
Dat Christiaan de Wet een van die mees legendariese figure in die Suid-Afrikaanse geskiedenis is, sal niemand probeer ontken nie. Digters het sy lof besing en aan hom hulde gebring, liedjieskrywers het sy heldedade gepopulariseer, spotprenttekenaars in Europa het hom veral tydens die Anglo-Boereoorlog tot ?n onoorwinlike ikoon verhef, strate is na hom vernoem en hy het die verpersoonliking van durf en heldemoed geword - nie net in Afrikaneroe nie, want selfs oudpresident Nelson Mandela het in sy outobiografie gemeld dat De Wet vir hom 'n rolmodel as vryheidsvegter was.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    0
    References
    0
    Citations
    NaN
    KQI
    []