language-icon Old Web
English
Sign In

Die waarde van akademiese arbeid

2020 
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het sopas sy 110de bestaansjaar herdenk en dit is die aangewese tyd om te reflekteer op die waarde van akademiese arbeid. Die artikel ondersoek die hoe waarde van akademiese arbeid en die motiewe van akademici. Akademici ervaar geleerdheid, onderrig en navorsing as iets verhewe. Dis nie slegs hul dagtaak nie, maar dien as ’n besondere roeping. Vervolgens word die universiteit as ’n onderneming beskou waarna gelet word op die praktiese waarde van die akademie en die mate wat dit met die ontwikkeling van die mensdom, veral op ekonomiese gebied, saamhang. Dit doen ook ’n beroep op akademici om meer algemene, basiese en generiese navorsing, sonder noodwendig ’n besondere doel, te onderneem. Nuttelose navorsing, sonder ’n spesifieke praktiese doel, word as van die waardevolste voorgehou. Die artikel sluit af deur te beklemtoon dat navorsing eerstens ter wille van die intrinsieke waarde, genot en bevrediging wat dit bring moet plaasvind, maar daar word beklemtoon dat hoe akademiese standaarde steeds te alle tye moet geld.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    0
    References
    0
    Citations
    NaN
    KQI
    []