Die invloed van sekere kontekstuele faktore op stemaanvangstyd, vokaalduur, en uitingduur by verbale Apraksie
1989
Die konsep van konteks-sensitiwiteit soos ontleen aan die koalisiemodel hou groot moontlikhede in vir die interpretasie van verbaal apraktiese simptome en vir 'n beter begrip van die aard van die afwyking. In hierdie ondersoek wat deel uitmaak van die groter ondersoek waarin die effek van variasie in kontekstuele faktore op verbaal apraktiese spraak nagegaan word (van der Merwe, Uys, Loots en Grimbeek, 1987; 1988), word die effek van die kontekstuele faktore, klankstruktuur en artikulasie-eienskappe op stemaanvangstyd, vokaalduur en uitingduur akoesties ontleed. Vier persone met verworwe verbale apraksie en een persoon met verbale ontwikkelingsapraksie is as proefpersone gebruik. Daar is bevind dat stemaanvangstyd nie konteks-sensitiefis nie. Die stemaanvangstydfoute is nie ware vervangings met stemlose klanke nie, maar is onkonstante distorsies weens oorskryding van die kritiese temporale ekwivalensiegrense vir interartikulator-sinchronisasie. Vokaalduur en uitingduur, is wel konteks-sensitief. Namate die moeilikheidsgraad van die uiting toeneem, neem die afwyking in duur ook toe. Die temporale eienskappe van verbaal apraktiese spraak kan dus ook soos die ouditief waarneembare foute op grond van kontekssensitiwiteit verdeel word in kernsimptome en geassosieerde simptome.
Keywords:
- Correction
- Source
- Cite
- Save
- Machine Reading By IdeaReader
0
References
1
Citations
NaN
KQI