Opbrengskomponente van koring by verskillende vlakke van grondvrugbaarheid

1986 
In 'n langtermyn bemestingsproef met koring onder besproeiing het groot verskille in grondvrugbaarheid oor jare ontwikkel, wat ook in groot verskille in graanopbrengs weerspieef word. Opbrengs en opbrengskomponente was kleiner op persele wat geen P-bemesting ontvang as op persele wat geen K ontvang. N het 'n minder beperkende rol gespeel as gevolg van die gebruik van sojabone as wisselbougewas. Die opbrengskomponente wat die grootste bydrae tot verhoogde graanopbrengs gelewer het, was getal are per eenheidsoppervlakte, gevolg deur die getal blompakkies per aar, terwyl korrelgrootte minder deur die wisselende vrugbaarheidsvlakke beinvloed is. Getal korrels per blompakkie het nie verskil nie. 'n Toename in een komponent het nie tot 'n kompenserende afname in enige van die ander komponente gelei nie. Aanduidings is gevind dat grondvrugbaarheid die opbrengskomponente indirek beinvloed het, via die invloed daarvan op blaaroppervlakteduurte.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    1
    References
    0
    Citations
    NaN
    KQI
    []