Minimum nagtemperatuur en groeiseisoenlengte van katoenproduserende gebiede in Suid-Afrika

1991 
'n Bewegende gemiddelde daaglikse minimum nagtemperatuur, T[mbar][nbar] (per vyf dae) is oor 8–15 j vir 23 weer- stasies bereken wat verspreid in die katoenproduserende gebiede van die Republiek van Suid-Afrika aanwesig is. As onderste temperatuurdrempel, of basistemperatuur waarby groei van katoen staak, is 13°C aanvaar. Die daaglikse verandering van T[mbar][nbar] oor die periode vanaf 3 September tot 30 Mei aan elke lokaliteit is met 'n regressievergelyking beskryf. Die gemiddelde intreedatum van 13°C nagtemperatuur in die lente en die uittreedatum daarvan in die herfs, is vir elke lokaliteit bepaal. Katoengebiede op hoogtes van 900 tot 1 200 m bo seevlak ondervind 'n skerp daling in gemiddelde T[mbar][nbar] na die middel van die jaar, i.e. 16 Januarie, en die uittreedatum van 13°C kom in 60% van die jare teen die einde van Maart in meeste gebiede voor. Dit beperk die lengte van die groeigeisoen vir katoenproduksie.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    8
    References
    1
    Citations
    NaN
    KQI
    []