language-icon Old Web
English
Sign In

The final judgment

2012 
Die laaste beslissing Die dispuut tussen Bengwenyama Minerals (Pty) Ltd en Genorah Resources (Pty) Ltd ten opsigte van prospekteerregte op Bengwenyama tradisionele gemeenskapsgrond is finaal in 2010 deur die grondwetlike hof beslis, nadat appel aangeteken is teen beide die uitsprake deur die hoe hof (2008) en die hoogste hof van appel (2010). Die outeurs sit die agtergrond, feite en geskiedenis van die beslissing uiteen, asook die toepaslike gedeeltes van Wet 28 van 2002 en Wet 3 van 2000 (met besondere verwysing na die regsraamwerk vir die appel) en bespreek die nienakoming van die konsultasie-, voorleggings- en omgewingsvereistes van die minerale wetgewing van 2002. Die grondwetlike hof se opmerkings oor (a) die ongelyke behandeling deur die departement van minerale hulpbronne en (b) diskresionere remedies, word uitgelig, gevolg deur 'n bespreking van die hofbevel. Die artikel bevat ook 'n ontleding van die beslissing by wyse van 'n vergelyking tussen die drie uitsprake asook 'n bespreking van die wysigings vervat in Wet 49 van 2008 welke wysigingswet nog nie in werking getree het nie. Die grondwetlike hof het dit duidelik gemaak dat, alhoewel die gemeenskap nie vir 'n preferente reg om te prospekteer aansoek gedoen het veer die aansoek deur die betrokke derde party om 'n prospekteerreg nie, die gemeenskap nie benadeel mag word deur die aansoek nie. In die toekoms sal 'n gemeenskap in sekere gevalle 'n geleentheid gegun moet word om aansoek te doen vir 'n preferente reg om te prospekteer nadat 'n aansoek om 'n prospekteerreg deur 'n derde party by die departement ingedien is. So verseker die grondwetlike hof dat die regte van gemeenskappe beskerm word ten opsigte van (a) die gebruik van hul gemeenskapsgrond en (b) die statuter omskrewe preferente reg wat aan die gemeenskap toegeken kan word om prospekteerregte te bekom. Hierdie direkte beskerming deur die grondwetlike hof kan egter 'n negatiewe impak he op beleggersvertroue in Suid-Afrika, aangesien 'n belegger se aansoek om 'n prospekteerreg te bekom moontlik vir jare kan sloer indien die regte op gemeenskapsgrond van toepassing is en die gemeenskap nog nie om 'n preferente reg aansoek gedoen het nie. Die outeurs sluit die opsomming van die uitspraak af met 'n kort bespreking van die reaksie op die grondwetlike hof se uitspraak en 'n aantal kort samevattende opmerkings en aanbevelings.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    0
    References
    3
    Citations
    NaN
    KQI
    []