Faktore wat onderwysers se gebruik van GeoGebra vir Wiskundeonderrig beïnvloed
2016
Hierdie studie het ondersoek gedoen na faktore wat onderwysers se gebruik van wiskundesagteware (in hierdie geval GeoGebra) vir onderrig en leer beinvloed. Deelnemers aan die studie is by wyse van
doelsteekproeftrekking geselekteer uit ʼn groep onderwysers wat sagtewareopleiding ontvang het, toegang tot rekenaars het en met die sagteware vertroud is. Vyf-en-sewentig respondente het die gestruktureerde vraelyste voltooi. Veelvoudige regressie
is gebruik om die verhouding tussen die vier konstrukte van die Unified Theory of Acceptance and Use of Technology te ondersoek. Hierdie konstrukte is prestasieverwagting , verwagte
inspanning , sosiale invloed , en fasiliterende omstandighede met betrekking tot onderwysers se voorneme om die wiskundesagteware te gebruik. Die studie het bevind dat die
kombinasie van die vier bogenoemde konstrukte 30% van die variansie in respondente se voorneme om die sagteware te gebruik verduidelik het. Daar is gevind dat fasiliterende omstandighede
nie regstreeks ʼn invloed op mense se gebruik al dan nie van die sagteware het nie, aangesien almal van hulle toegang tot rekenaars het. Onderwysers se voorneme om sagteware te gebruik het geblyk die werklike gebruik van sagteware vir
onderrig en leer te voorspel.
- Correction
- Source
- Cite
- Save
- Machine Reading By IdeaReader
11
References
0
Citations
NaN
KQI