Die impak van die Anglo-Boereoorlog op Durban A Warrior's Gateway : Durban and the Anglo-Boer War 1899-1902, Johan Wassermann and Brian Kearney, eds. : book review

2003 
Alle boekliefhebbers asook belangstellendes in die Anglo-Boereoorlog is bewus van die feit dat die 100-jarige herdenking van die oorlog tot die publikasie van dosyne boeke oor daardie konfrontasie aanleiding gegee het. Nie dat die oorlog voor die aanvang van die herdenking 'n vergete insident was nie. Inteendeel, sedert die eerste boeke oor die oorlog reeds binne die eerste jaar na die uitbreek daarvan hulle verskyning gemaak het, was die oorlog deurentyd 'n onderwerp wat genoegsame belangstelling uitgelok het om op gereelde basis publikasies daaroor lewensvatbaar te maak. Die ontploffing in die getal publikasies oor die afgelope drie jaar was egter vir talle belangstellendes, waaronder hierdie resensent, 'n groot en aangename verrassing.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    0
    References
    0
    Citations
    NaN
    KQI
    []