Daggrade van katoenproduserende gebiede in Suid-Afrika

1992 
'n Bewegende gemiddelde daaglikse minimum en maksimum lugtemperatuur is vir 23 weerstasies bereken wat in die katoenproduserende gebiede van Suid-Afrika aanwesig is. Hierdie data is gebruik om daagliks kumulatiewe daggrade (ΣDG) oor die periode 3 September tot einde van Mei aan elke lokaliteit te bereken en met 'n regressievergelyking te beskryf. Verskille tussen die lokaliteite is statisties ondersoek. Die hoeveel- heid daggrade wat vanaf die intreedatum van 13°C gedurende die lente tot die uittreedatum daarvan in die herfs akkumuleer, is aan elke lokaliteit bepaal. Die waarde is beskou as die bruikbare daggrade (DGb) om 'n opbrengspotensiaal vir katoen daar te stel, en deels volwasse te maak. Siegs 1600 tot 1900 DGb is in Sen- traal-Transvaal, in Wes-Transvaal-Vryburggebied en Griekwaland-wes aanwesig om 'n opbrengspotensiaal daar te stel. Hierteenoor is 2400 tot 3000 DGb in die Laeveld en die Limpopovallei bruikbaar om 'n opbrengs te vorm.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    5
    References
    3
    Citations
    NaN
    KQI
    []