Swartwattelbome : seën of vloek vir Suid-Afrika? : research and review article
2006
Black wattle trees : blessing or curse to South Africa Much has been written about alien invasive plants, especially Acacia mearnsiil/Ig De Wild, the black wattle
tree and the damage done by these plants to the local ecology. In this article cognisance is taken of how the
problem was created, the introduction into and the distribution of black wattle trees in the Republic of
South Africa (South Africa). Problems experienced by the uncontrolled spreading of wattle trees forced the
government to act, as there was no formal policy before 1936 on the importation, cultivation and control
thereof. This led to intervention by government in the wattle industry to establish some form of control and
to address the problems related to alien invasive plants in general, and the black wattle tree in particular.
Furthermore, cognisance will be taken of the role the black wattle plays in sustainable development by
considering the environmental / ecological problem of its impact on bio-diversity and the water sources as
well as the advantages it has in the process of forest recovery. Secondly notice will be taken of the social
advantages the tree has for the inhabitants of rural areas as a provider of building and construction
material and firewood, which would otherwise come from the woodlands and / or indigenous forests. The
tree also provides in the timber requirements of industry in the form of for instance poles, pulp and extract.
Lastly, the article explores the Work-for-Water Programme.
Daar is reeds baie geskryf oor uitheemse indringerplante, veral Acacia mearnsiil/Ig De Wild, die
swartwattelboom en die skade wat hierdie plante aan die plaaslike ekologie aanrig. In hierdie artikel word
aandag gegee aan die ontstaan van die probleem, asook aan die inbring en verspreiding van
swartwattelbome in die Republiek van Suid-Afrika (Suid-Afrika). Die probleme wat deur die onbeheerde
verspreiding van wattelbome veroorsaak is, het die regering verplig om op te tree ten einde hierdie
probleme te bekamp. Voor 1936 was daar aanvanklik geen formele beleid met betrekking tot die invoer,
kweek en beheer van hierdie bome nie. Dit het daartoe gelei dat die regering in die wattelbedryf ingegryp
het om 'n sekere mate van beheer te vestig en om probleme met betrekking tot uitheemse indringerplante in
die algemeen - en die swartwattelboom in die besonder - die hoof te bied. Voorts sal daar ook gelet word
op die rol van swartwattel in volhoubare ontwikkeling deur te fokus op die omgewings- / ekologiese
probleem van impak op die biodiversiteit en die waterbronne en ook op die voordele wat dit het om
woudherstel aan te help. Die artikel bespreek sosiale voordele wat die boom het vir inwoners van
landelike gebiede as voorsiener in bou- en konstruksiemateriaal en vuurmaakhout, wat andersins uit die
boomveld en / of inheemse woude verkry moet word. Die boom voorsien ook in die houtbehoeftes van die
industrie in die vorm van byvoorbeeld pale, pulp en ekstrak. Laastens volg 'n bespreking van die Werk-vir-
Water-program.
- Correction
- Source
- Cite
- Save
- Machine Reading By IdeaReader
0
References
0
Citations
NaN
KQI