DIE HOUDINGS EN KENNIS VAN DIE PLAASWERKER-GEMEENSKAP TEN OPSIGTE VAN MIV/VIGS

2014 
Ongeveer 6 miljoen Suid-Afrikaners, van wie 26% volwassenes is, sal binne die volgende ses jaar MIV-positief wees, teenoor 0,1% in 1990 (Department of Health, 2004; Pelser, 2004:14; UNAIDS, 2004). Die tendens is dat MIV/VIGS veral in landelike gebiede toeneem (Department of Economic Development and Tourism, 2004:57). Volgens Human Sciences Research Council of South Africa (2003) is die verspreiding van MIV in sekere gebiede soos volg: 21,3% in stedelike informele nedersettings, 12,1% in formele nedersettings, 58,7% in stamgebiede en 7,9% in plaasgebiede (Pelser, 2004:14). Luidens ’n verslag van die Verenigde Nasies se voedsel- en landbou-organisasie (VLO) is sowat 7 miljoen plaaswerkers in Afrika sedert 1985 aan VIGS-verwante siektes oorlede (Louw, 2004:14; USAID, 2002). Projeksies toon aan dat Suid-Afrika teen 2020 20% van sy plaaswerkers aan VIGS-verwante siektes sal verloor (Department of Economic Development and Tourism, 2004:57). MIV is dus vir boere een van die grootste bedreigings (Pelser, 2004:5).
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    16
    References
    0
    Citations
    NaN
    KQI
    []