Die impak van sporttoerisme op die Suid-Afrikaanse ekonomie : menings en inligting

2010 
Sporttoerisme is tans 'n multimiljoen rand bedryf en behels die reis van persone na sportgerigte gebeurtenisse. Dit is dus belangrik om te besef dat alle sportgebeurtenisse gepaard gaan met 'n mate van sporttoerisme. Sporttoerisme het sy oorsprong in die antieke tyd toe dit primer gehandel het oor individuele deelname, waar individue hulle kragte en vermoens teen mekaar gemeet het in basiese items soos gooi, spring, hardloop en vegkuns. Dit het aanleiding gegee tot die ontstaan van die Olimpiese Spele in Griekeland, wat vandag steeds een van die grootste en vernaamste gebeurtenisse op die sportkalender is. Sedertdien het die aantal sportsoorte, sportgebeurtenisse en deelnemers radikaal toegeneem. In die hedendaagse konteks behels sporttoerisme nie slegs die deelnemers van die sportsoort nie, maar sluit ook die toeskouers, toeskouerklubs, borge, mediese personeel, beamptes, vrywilligers, verskaffers van klerasie en aandenkings, media en die plaaslike gemeenskap in.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    0
    References
    0
    Citations
    NaN
    KQI
    []