Uit die skatkis van herinnerings : Instituut vir Reformatoriese Studie : erkenningsboodskappe

2010 
Bennie van der Walt het die Instituut vir Reformatoriese Studie op die been gebring. In die sewentigerjare van die vorige eeu het die destydse rektor, professor Hennie Bingle en sy raadgewers besluit om die Instituut ter Bevordering van Calvinisme (IBC) tot stand te bring - Bennie van der Walt was die aangewese persoon om die uitvoerende leiding te neem. In 1975 is die eerste internasionale kongres van inrigtings vir tersiere onderwys in die Calvinistiese tradisie gehou - dit het later die International Association for the Promotion of Christian Higher Education geword. Dit was gedurende die hoog-apartheidstyd, met 'n lang en moeilike stryd tussen die PU vir CHO en die Vrije Universiteit te Amsterdam. Bennie het homself in hierdie tyd laat ken as 'n vredemaker.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    0
    References
    0
    Citations
    NaN
    KQI
    []