Onderwysvoorsiening aan kwesbare groepe in die samelewing

2019 
Die argument van hierdie artikel is dat terwyl daar wyd na onderwys opgesien word as instrument om mense te bemagtig en om die ideale samelewing te skep, kwesbare groepe buite sig van die openbare en akademiese onderwysdiskoers verdwyn het. Die doel van die artikel is om die konsep van kwesbare groepe prominent op die voorgrond van die navorsingsagenda te plaas, wat onderwysvoorsiening aan hierdie groepe sal prioritiseer. Die artikel gee ʼn oorsig van die historiese ontwikkeling van heersende sosiale stratifikasiemodelle en die afwesigheid van kwesbare groepe in hierdie skemas. Die begrip “kwesbare groepe” word verhelder en toepaslike voorbeelde van die stel kwesbare groepe in die samelewing word gelys. Die opkoms van die beskouing van onderwys as oplossing vir die totale samelewingsproblematiek word dan geskets en probleme met die beskouing word geidentifiseer. Die gevolgtrekking is dat onderwys die voor die hand liggende instrument is om kwesbare groepe te bemagtig. Die moontlikheidsvoorwaarde hiervoor is dat hierdie groepe en die unieke kontekstuele ekologie van elk van die groepe op die navorsingsagenda van die Sosiale Wetenskappe, veral die Sosiologie van die Opvoedkunde en die Vergelykende Opvoedkunde, geplaas moet word.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    0
    References
    0
    Citations
    NaN
    KQI
    []