’n Faktoriseringsmetode gegrond op ’n additiewe eienskap

1992 
Die doel van hierdie artikel is om 'n faktoriseringsmetode te ontwikkel deur van 'n additiewe eienskap van die positiewe heelgetalle gebruik te maak. Aan die hand van bekende resultate word beklemtoon dat die saamgestelde, onewe positiewe heelgetalle presies daardie onewe getalle is wat as somme van drie of meer opeenvolgende, positiewe heelgetalle voorgestel kan word. Die direk geimpliseerde algoritmehasis word in hierdie artikel verfyn tot op 'n gewenste peil van optimaliteit. Die resultaat is 'n additief- multiplikatiewe basis vir 'n algoritme wat gedeeltelik op die genoemde additiewe eienskap en gedeeltelik op langdeling (of alternatiewelik die ggd) berus.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    0
    References
    0
    Citations
    NaN
    KQI
    []