Huisies aan die Rand : ekokritiek en in die besonder stedelike ekokritiek as lens vir die lees van sewe gedigte met Johannesburg as agtergrond : geesteswetenskappe

2015 
Die titel van hierdie artikel dui op Johannesburg as leefomgewing en die invloed van omgewing en lewende organismes op mekaar. Die voorvoegsel eko- beteken immers "omgewing"; 'n ekostelsel is 'n omgewing en die organismes daarbinne wat wedersydse invloed uitoefen. 'n Kort oorsig oor die ontwikkeling van ekokritiek, en spesifiek stedelike ekokritiek, en die omvang van hierdie vertakking word gegee. Ek gebruik veral stedelike ekokritiek as leesstrategie in agt gedigte om betekenislae te ontgin wat verband hou met die perspektief op omgewing, plek of milieu. Die doel is om uit die representasie van die omgewing in die gedig inligting in te win oor die heersende ideologiee, sosiale, politieke of kulturele toestande en om by bekende gedigte ander betekenislae te ontgin as wat reeds gedoen is. Die gedigte word aan die hand van verskillende vertakkings van ekokritiek bespreek. Die keuse van gedigte is gemaak op grond van die gedeelde milieu (Johannesburg) en aspekte wat vanuit 'n verskeidenheid van stedelik-ekokritiese perspektiewe gelees kan word. Die gedigte is Trekkerswee - Totius; "Puine" - N.P. Van Wyk Louw; "Stadswyk" - S.J. Pretorius; "Wat mis jy nie" - Rosa Keet; "44" - Wilma Stockenstrom; "Plat foto van 'n vis" - Hans Pienaar; en "Ek het 'n huisie aan die Rand" - Pirow Bekker. Die artikel gebruik vertakkings van stedelike ekokritiek soos ekogeregtigheid, ekofeminisme, postkoloniale ekokritiek en ekosielkunde as teoretiese raamwerk; die genoemde tekste word vir omgewingsmatigheid eerder as bloot vir omgewing beskou, en die stad as sosiale proses eerder as topografiese entiteit. Op hierdie manier dui die artikel aan hoe ekokritiek en sy vertakkings as leesstrategie gebruik kan word waarmee veelvuldige vlakke van betekenis ontgin kan word. Daar word getoon dat die leefervaring van figure in die tekste in direkte verband staan met die omgewing waarin hierdie tekste geplaas is en verder dat hierdie omgewings 'n aanloop vanuit die groter omgewingsgeskiedenis het. Ecocriticism and specifically urban ecocriticism as lens for reading seven poems set in Johannesburg The article deals with Johannesburg as an environment and how it affects and is affected by its inhabitants. The prefix eco- is used not in the biological sense but in the more general sense of a physical environment that acts on and is acted on by its community of interacting humans. A brief overview of ecocriticism and specifically urban ecocriticism is given; after that ecocriticism and specifically urban ecocriticism are used as reading strategies in seven poems to examine layers of meaning relating to the perspective on environment, location or milieu. The poems are discussed with reference to various components of urban ecocriticism. The aim is to read, from the representation of the environment in the poem, for information about the prevailing ideologies, social, political or cultural conditions. The poems were selected for their shared environment and aspects that connect to a variety of urban ecocritical perspectives: Trekkerswee - Totius; "Puine" - N.P. Van Wyk Louw; "Stadswyk" - S.J. Pretorius; "Wat mis jy nie" - Rosa Keet; "44" - Wilma Stockenstrom; "Plat foto van 'n vis" - Hans Pienaar; and "Ek het 'n huisie aan die Rand" - Pirow Bekker. Various subfields of urban ecocriticism, such as ecojustice, ecofeminism, postcolonial ecocriticism and ecopsychology serve as a theoretical framework. The texts are read for environmentality rather than merely for environment and the city is regarded as a social process rather than a topographical entity, uncovering multiple levels of meaning. The article shows that the experiences of figures in the texts are directly related to the environment in which these texts are placed and also that these environments emerge from a greater environmental history.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    0
    References
    0
    Citations
    NaN
    KQI
    []