Die verplasing van studente se kleinhandelbesteding in gasheerstede weens Covid-19: ’n Gevallestudie

2021 
Die ekonomiese waarde van studente se besteding in die dorpe en stede waar hul universiteite gelee is, word in hierdie studie, in die lig van die COVID-19-pandemie, ondersoek. Die studie is uniek deurdat dit ’n universiteitskampus in ’n landelike omgewing as gevallestudie bestudeer. Die tendens is dat studentegetalle, afkomstig van buite die grense van die plaaslike ekonomie, deurentyd styg. Dit het ’n positiewe impak op die ekonomiese aktiwiteite van die gasheerstad en bevoordeel ondernemings as gevolg van studente se bestedingspatrone. Besteding deur voltydse kontakstudente is besonder voordelig vir die kleinhandelsektor in die gasheerstad. Owerheidsinperkings op beweging wat ingestel is om die verspreiding van die koronavirus te verhoed, het hierdie besteding tydelik beeindig en die plaaslike ekonomie nadelig beinvloed. Die beperkings op die beweging van studente lei tot die verplasing van studentebesteding, weg vanaf die gasheerstad, met ’n kosteverlies vir die kleinhandelsektor van gemiddeld nagenoeg R2 miljoen per dag. Die lengte van die inperking op die normale werking van die universiteit kan dus oor die langer termyn ’n wesentlike effek op die plaaslike kleinhandelmark van die gasheerstad he, met verlore werksgeleenthede en die sluit van besighede as ’n realiteit. Die onderskeie tipes bestedingsverplasings wat in die literatuur met rampe geassosieer word, word uitgelig. Die resultate is nie net van toepassing gedurende die viruspandemie nie, maar toon ook aan wat die negatiewe permanente langtermynimpak op die plaaslike ekonomie kan wees, indien universiteitsbesture die strategiese besluit sou neem om kontakonderrig permanent met aanlyn onderrig te vervang.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    0
    References
    0
    Citations
    NaN
    KQI
    []