Onderhoudstoekenning vir gades of vennote pendente lite en by egskeiding: Het ons n nuwe benadering?

2015 
Hierdie aantekening beoog om vas te stel of die beleid met betrekking tot onderhoudstoekenning vir vennote in 'n burgerlike vennootskap en gades in 'n huwelik by egskeiding verander het. Die aantekening gaan op twee gevalle konsentreer. Die een geval wat ondersoek word, fokus op onderhoudstoekenning ingevolge Reel 43(1) van die Eenvormige Hofreels en die ander omstandigheid bespreek onderhoudsvoorsiening ingevolge artikel 7(2) van die Wet op Egskeiding 70 van 1979. Alvorens daar met die bespreking verder gegaan word, gaan die algemene beginsels vir onderhoudstoekenning kortliks bespreek word.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    0
    References
    0
    Citations
    NaN
    KQI
    []