Die gebruik van groeireguleerders om die blomperiode van katoen te wysig

1994 
Katoengebiede in Suid-Afrika, hoer as 950 m bo seevlak, het 'n kort groeiseisoen indien laat in November geplant word. Die bydrae van groeireguleerders en verbouings praktyke om rypwording van laat geplante katoen te verhaas en die uitwerking daarvan op veselgehalte, is ondersoek. Die kultivars Acala 1517-70 en Letaba is teen einde van November geplant in 750-mm rywydtes om vroee rypwording te bevorder. Die blomperiode is teen die begin Maart, middel Maart, of begin April beeindig deur 'n hoe dosis mepikwatchloried (25 g a.b. ha−1) met of sonder etefon (960 g a.b. ha−1) te spuit. Beeindiging van die blomperiode vroeg Maart met mepikwatchloried, het nie rypwording, of totale saadkatoenopbrengs in vergeleke met die onbehandelde kontrole verander nie. 'n Goeie opbrengs van 4262 kg ha−1 is behaal. Vroee beeindiging van die blomperiode het growwer en sterker vesels as die kontrole veroorsaak. Waar etefon saam met mepikwatchloried gedurende Maart toegedien is, het die opbrengs van beide kultivars betekenisvol v...
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    3
    References
    1
    Citations
    NaN
    KQI
    []