Die formantpatrone van Afrikaanse vokale soos geproduseer deur manlike sprekers

1993 
Die leemte wat bestaan ten opsigte van die instrumentele ondersoek van Afrikaanse klanke word in hierdie artikel aan-gespreek. Die doel van die ondersoek is die identifikasie van tipiese formantfrekwensies en formantverhoudings van agt Afrikaanse vokale soos geproduseer deur manlike sprekers. Die analises is uitgevoer met die Kay digitale seinpro-sesseringsonagraaf Model 5500. Wat die formantfrekwensies betref, is waardes wat in dieselfe orde le, verkry by die tien proefpersone en dit is ook vergelykbaar met waardes wat verkry is vir Engelssprekende manlike persone. Die fre-kwensieverspreidings van F1 en F2 vorm groepe vir die verskillende vokale wat met betrekking tot die frekwensiege-bied ooreenkom met die plasing van vergelykbare Engelse vokale. Die enigste uitsondering is die vokaal /ae/ wat meer diffuus verspreid is as die ander vokale. Tipiese formantverhoudingspatrone vir die agt Afrikaanse vokale soos geproduseer deur manlike sprekers is ook verkry. Die vokaal /ae/ vertoon die grootste interpersoonl...
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    9
    References
    8
    Citations
    NaN
    KQI
    []