The anthropocentric approach to sustainable development in the National Environmental Management Act and the Constitution of South Africa

2005 
Die antroposentriese benadering tot volhoubare ontwikkeling in die nasionale wet op omgewingsbestuur en die grondwet Hierdie artikel ondersoek die verband tussen die antroposentriese benadering tot omgewingsbestuur in Suid-Afrika, volhoubare ontwikkeling en die begrippe "rule of law" en regstaat. Die aard van volhoubare ontwikkeling in omgewingswetgewing word belig om te bepaal in welke mate die begrippe verband hou met die "rule of law" en wat die uitwerking van laasgenoemde verband is. Die insluiting van die begrip "volhoubare ontwikkeling" in die 1996-grondwet is gebaseer op 'n verwaterde antroposentriese benadering wat inhou dat die bevordering van volhoubare ontwikkeling antwoorde bied op die kritiek teen die antroposentriese aard van omgewingsreg. Volhoubare ontwikkeling en die "rule of law" is verbandhoudende ideale wat beteken dat volhoubare ontwikkeling belangrik is vir die verwesenliking van die substantiewe komponent van die "rule of law" om sodoende 'n lewenskwaliteit vir alle mense in Suid-Afrika te verseker.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    0
    References
    7
    Citations
    NaN
    KQI
    []